Saturday, 17 October 2015

Graad 12 uitstalling review

Gehele indruk van die uitstalling:

Ek het 'n baie goeie indruk gekry van die hele uitstalling. Alles was uniek en intresant op sy eie manier, en dit was vir my baie moeilik om net een person se werk te kies veral omdat ek kan sien dat almal so baie moeite gedoen het.
 

Gunsteling uitstalling:

Ek het Margo Kotze se werk gekies. Soos ek gese het, dit was nie maklik om te kies nie, maar toe het eers gekies het, het ek nie weer getwyfel nie. Ek hou baie van hoe alles so mooi goed bymekaar pas. Ek hou ook van die diep betekenis agter dit alles en hoe goed die passie en gevoel deur die ontwerp uitgebeeld word. Die werk is esteties,dra 'n groot boodskap oor en in nog prakties in alledaagse lewe. Dit is rerig ontwerp wat nie net in almal se pad gaan wees in die huis nie, dit sal rerig gebruik kan word.
 

Gunsteling produk: 

Ek het Sune Faure se koffie tafeltjie met die doilies gekies, omdat dit esteties en persoonlik is en prakties in alle daage lewe sal wees. Ek hou van hoe die tafel in kontras is met die doilies in terme van kleur sowel as tydperk. Dit is op 'n manier gebruik wat dit reerig mekaar komplementeer.Daar is baie goeie kleur gebruik. Soos die natuurlike kleure van die hout wat in kontras is met die blink van die koper. En die bruin hout en koper in kontras met die blou van die doilies.